top of page

Wie is ons? 


Baie welkom by ons pre-primêre skool – ’n skool met ’n verskil vir kleuters vanaf 3 maande tot 5 jaar. By ons is speel die kern van leer. Ons daaglikse aktiwiteite wissel tussen rustige en besige tye, roetine en uitdagings, sowel as prettige en meer doelgerigte takies. Só skep ons vir jou kind ’n veilige en stimulerende omgewing waarin hy of sy kan waag, ontdek, skep en ontwikkel tot ’n volwaardige, gebalanseerde mensie.
 

Elke kind is uniek en baie spesiaal. By ons skool koester en waardeer ons elke kleuter se ontwikkeling, leer en prestasie. Ons verwelkom jou en jou kind elke dag met warmte en sorg, en ons ondersteun jou om ten volle betrokke te wees by jou kleuter se leerreis. Saam bou ons ’n gemeenskap waarop ons almal trots kan wees.

juffrou kat

Ons Visie


ruimte kat

By Die Kat se Snor Pre-primêre Skool glo ons dat positiewe, sorgsame verhoudings – gegrond op vertroue en respek – die kern van elke kind se groei vorm.

Ons visie is om:

  • ’n veilige, gelukkige en stimulerende omgewing te skep waar elke kind versorg en gekoester word.

  • Alle kinders in staat te stel om hul volle potensiaal te bereik as suksesvolle leerders, selfversekerde individue, verantwoordelike landsburgers en betekenisvolle bydraers tot die samelewing.

  • Kinders toe te rus met die vaardighede en selfvertroue wat hulle nodig het om voorbereid te wees vir die toekoms.

Die Kat se Snor Pre-primêre Skool: ’n plek waar gelukkige, gesonde kinders leer, ontwikkel en groei.

Om die lewens van kinders en gesinne te transformeer deur ’n skool te skep wat soos ’n huis voel – ’n plek waar ’n uitgebreide, ondersteunende gesinsomgewing elke kind se groei en ontwikkeling koester.

Ons Misie

slogan-black-and-white.png

Ontmoet die span

Ons is baie trots op ons uitstaande span direkteure, onderwysers, assistente en kantoorpersoneel hier by Die Kat se Snor Pre-primêre Skool. Direkteur, Maggie Oosthuizen het 'n H.O.D. Pre- en Junior primêre Fase kwalifikasie van die Normaal Onderwys Kollege, Pretoria (Geakrediteer deur die Universiteit van Pretoria TUKS), en Direkteur Marnél Benson, het 'n Baccalaureusgraad in Onderwys: Grondslagfase deur die Universiteit van Suid-Afrika UNISA). Mev Oosthuizen en Me. Benson is in 2023 as Direkteure aangestel.

 

Elke klaskameronderwyser het 'n minimum kwalifikasie, gelykstaande aan NQF5 in  kleinkind onderrig. Ons onderwysers is ervare vroeë kinderopvoeders en het tans 50 jaar se gekombineerde klaskamerervaring. 

 

Wat ons doen, sluit nie net in om jou kleuter op te voed nie, maar om onsself op te voed. Ons personeel hou aktief tred met die nuutste navorsing in kleinkind onderrig, en woon professionele ontwikkelingsprogramme by, alles met die doel om kleuters die kwaliteit onderrig te gee wat hulle in hul vroeë jare verdien. Daarbenewens handhaaf ons personeel huidige sertifisering in beide Pediatriese Noodhulp en Basiese brandbestryding.
 

Maggie Oosthuizen

Maggie Oosthuizen

Magge kat

Maggie het twee volwasse kinders en word in Julie 2025 vir die tweede keer 'n ouma van nog 'n pragtige dogtertjie. Haar dogter, mamma van hierdie twee dogtertjies, is 'n vooraanstaande onderwyseres by Laerskool Mariepskop, en haar seun is 'n gesogte I.T.-spesislis wat programme skryf vir groot besighede in die buiteland. Sy geniet die natuur en wildlewe.

Onderwys Ervaring: H.O.D. Pre- en Junior primêre Fase kwalifikasie van die Normaal Onderwys Kollege, Pretoria wat geakrediteer word deur die Universiteit van Pretoria, TUKS. Sy is gespesialiseerd in Kleinkind Onderrig sowel as Primêre Onderrig. Sy het in 1993 haar onderwysloopbaan begin by Bennie Boekwurm, Pretoria vir die 4 tot  5 jaar groep. In 1997 was sy juffie vir graad 4 tot 7 by CVO-Laerskool, Hektorspruit. Later daardie jaar sluit sy aan by Erica Pre-primêre Skool, Polokwane tot in 2004, as juffie vir onderskeidelik 2 tot 3 jariges, 4 tot 5 jariges en ook Graad R. Tussen 2005 en 2007 is sy eienaar van Stimulus Maksima, Polokwane wat Perseptuele vaardighede aanleer vir 2 tot 6 jariges, asook Verreikende lees en Wiskundige vaardighede vir Graad 1 tot 12. 2008 tot 2018 is Maggie graad 1 Engels medium juffie by Laerskool Kragbron, Witbank. In 2019 stig sy Oak Hearts Kleuter Akademie and Preschool as mede-eienaar, en dien ook as Graad R juffie en Kurrikulum hoof tot in Augustus 2023. In September 2023 stig sy as direkteur Die Kat se Snor Pre-primêre Skool saam met Marnél en dien tans as juffie vir die 2 tot 5 jariges.

Marnel Benson

Marnel kat

Prettige Feite: Marnél het 'n groot voorliefde vir troeteldiere en het 6 katkinders, 'n African Grey en 'n Spreeu in haar sorg. Sy geniet hekel, naaldwerk en legkaart bou in haar vrye tyd.

Marnel Benson

Onderwys Ervaring: Baccalaureusgraad in Onderwys: Grondslagfase deur die Universiteit van Suid-Afrika, UNISA. Sy is gespesialiseerd in Kleinkind Onderrig sowel as Primêre Onderrig. Sy het in 2011 haar onderwysloopbaan as studente juffie begin by Laerskool Pionier, Volksrust. In 2013 het sy as assistent juffrou van die Gronslagfase hoof van Drakensberg Primêre Skool, Newcastle, gedien en vir die eerste helfde van die opeenvolgende jaar as plaasvervanger juffie ingestaan vir graad 3's en graad 4's by Engels-medium. Vir die tweede deel van die jaar was sy juffie vir graad 2 Engels medium by Hoërskool Panorama, Newcastle. Van 2016 tot 2019 was sy assistent juffie by die grondslagfase van Laerskool Kragbron, Witbank. In 2019 het sy as juffie begin by Oak Hearts Kleuter Akademie and Preschool, Witbank, en is in 2022 ook as kleuterskoolhoof aangewys. In September 2023 neem sy hande met Maggie as direkteur en is Die Kat se Snor Pre-primêre skool tot stand gebring.

Precious Nhlapo

Precious Nhlapo

Precious Cat

Prettige feite: Precious se dogter is tans in graad 4, en haar seun 'n volwasse jong man. Sy geniet kosmaak en om nuwe vindingryke en gesonde disse aan kleuters te verskaf.

Ervaring: Precious het van 2007 verskeie gastehuise bestuur in Witbank. In 2019 het sy deeltyds as kok en skoonmaker by Oak Hearts Kleuter Akademie and Preschool Witbank, begin. In 2020 het sy voltyds by Oak Hearts aangesluit en is bevorder na Huishoudingsbestuurder en Kok. In Oktober 2023 is sy aangestel as Miaau-ster Sjef en Huishoudingsbestuurder van Die Kat se Snor Pre-pimêre Skool, Witbank.

Aletta Sibiloane

aletta kat

Prettige feite: Aletta het 4 kinders, waarvan 1 al in die hoërskool, 2 in die laerskool en haar jongste ook by Die Kat se Snor Pre-primêre Skool is.

Aletta_edited.png

Ervaring: Aletta het in 2019 by Oak Hearts Kleuter Akademie and Preschool, Witbank, aangesluit as assistent juffrou. In 2023 sluit sy aan by Die Kat se Snor Pre-pimêre Skool, Witbank. Sy is 'n voorslag 'potty-trainer' en het al meer as 40 kleuters suksesvol bygestaan in hierdie groot mylpaal in hul jong lewens.

bottom of page