
Die Kat se Snor Pre-primêre Skool
Melanie Bruyns


Prettige feite:
Prettige feite: Melanie se groot liefde vir kinders het al van ‘n jong ouderdom af begin. Sy versorg kinders al vanaf die ouderdom van 14, en die liefde het net nooit ophou groei nie. Melanie is geseënd met ‘n wonderlike man, ‘n pragtige 3-jarige dogtertjie en twee 4-been katte kinders (Vlooi en Muis).
Ervaring:
Melanie studeer tans NQF L4 in Vroeë Kleinkind Ontwikkeling deur Edu-X. Sy gradueer in Augustus 2025. Sy het op hoërskool al vakansietye as assistent in Bronkhorstspruit gewerk. Van Januarie tot September 2015 werk sy as Au Pair in Wimberley, Texas, VSA.
Melanie beskik oor ‘n Emergency Medical Technician (EMT) kwalifikasie. In 2024 sluit Melanie by Die Kat se Snor aan as juffie vir ons 2- tot 3-jariges en is hierdie jaar juffie by on 1- tot2-jariges.