top of page
back button_edited.png

Portia Mofokeng

back button_edited.png
Maggie Oosthuizen
Magge kat

Prettige feite:

Prettige feite: Portia is lief vir sing. Sy is baie kreatief en doen graag kunsvlytwerk in haar vrye tyd. Portia het ‘n 5-jarige dogtertjie wat volgende jaar Graad R toe gaan.

Ervaring:

Portia het in 2017 as 'n VKO-praktisyn by Maranatha kleuterskool begin as 'n assistent-onderwyseres. Sy was juffrou vir die 4-5 jaar groep by Maranatha kleuterskool van 2018 tot vroeg in 2020.

In 2021 begin Portia as 'n kombuisassistent vir 'n kort tydperk van 8 maande by Oak Hearts Kleuter Akademie. Sy word bevorder tot assistent-onderwyseres vir graad R onder leiding van Maggie Oosthuizen vir die volgende 3 maande.

2022 tot Oktober 2024 vervul Portia die rol van assistent-onderwyseres in die baba klas. Maart 2025 sluit sy aan by Die Kat Se Snor Pre-primêre Skool as mede-juffie van ons baba klas.

In 2018 voltooi Portia 'n kortkursus by Crane College vir “Terugkeer na basiese leer vir VKO”. Sy voltooi ook ‘n kursus deur ABA vir “Gesondheid en Onderwyssorg”. In 2024 voltooi sy ‘n kursus deur Oasis Club vir “Babaklas-opleiding” en voltooi later vanjaar haar NQF L4-onderrig in Vroeë Kleinkind Ontwikkeling deur Edu-X

bottom of page