top of page
back button_edited.png

Maggie Oosthuizen

back button_edited.png
Maggie Oosthuizen
Magge kat

Prettige feite:

Prettige feite: Maggie het twee volwasse kinders en word in Julie 2025 vir die tweede keer 'n ouma van nog 'n pragtige dogtertjie. Haar dogter, mamma van hierdie twee dogtertjies, is 'n vooraanstaande onderwyseres by Laerskool Mariepskop, en haar seun is 'n gesogte I.T.-spesislis wat programme skryf vir groot besighede in die buiteland. Sy geniet die natuur en wildlewe.

Ervaring:

H.O.D. Pre- en Junior primêre Fase kwalifikasie van die Normaal Onderwys Kollege, Pretoria wat geakrediteer word deur die Universiteit van Pretoria, TUKS. Sy is gespesialiseerd in Kleinkind Onderrig sowel as Primêre Onderrig. Sy het in 1993 haar onderwysloopbaan begin by Bennie Boekwurm, Pretoria vir die 4 tot  5 jaar groep. In 1997 was sy juffie vir graad 4 tot 7 by CVO-Laerskool, Hektorspruit. Later daardie jaar sluit sy aan by Erica Pre-primêre Skool, Polokwane tot in 2004, as juffie vir onderskeidelik 2 tot 3 jariges, 4 tot 5 jariges en ook Graad R. Tussen 2005 en 2007 is sy eienaar van Stimulus Maksima, Polokwane wat Perseptuele vaardighede aanleer vir 2 tot 6 jariges, asook Verreikende lees en Wiskundige vaardighede vir Graad 1 tot 12. 2008 tot 2018 is Maggie graad 1 Engels medium juffie by Laerskool Kragbron, Witbank. In 2019 stig sy Oak Hearts Kleuter Akademie and Preschool as mede-eienaar, en dien ook as Graad R juffie en Kurrikulum hoof tot in Augustus 2023. In September 2023 stig sy as direkteur Die Kat se Snor Pre-primêre Skool saam met Marnél en dien tans as juffie vir die 4 tot 5 jariges.

bottom of page