top of page
back button_edited.png

Marnel Benson

back button_edited.png
Maggie Oosthuizen
Magge kat

Prettige feite:

Prettige feite: Marnél het 'n groot voorliefde vir troeteldiere en het 6 katkinders, 'n African Grey en 'n Spreeu in haar sorg. Sy geniet hekel, naaldwerk en legkaart bou in haar vrye tyd.

Ervaring:

Onderwys Ervaring: Baccalaureusgraad in Onderwys: Grondslagfase deur die Universiteit van Suid-Afrika, UNISA. Sy is gespesialiseerd in Kleinkind Onderrig sowel as Primêre Onderrig. Sy het in 2011 haar onderwysloopbaan as studente juffie begin by Laerskool Pionier, Volksrust. In 2013 het sy as assistent juffrou van die Gronslagfase hoof van Drakensberg Primêre Skool, Newcastle, gedien en vir die eerste helfde van die opeenvolgende jaar as plaasvervanger juffie ingestaan vir graad 3's en graad 4's by Engels-medium. Vir die tweede deel van die jaar was sy juffie vir graad 2 Engels medium by Hoërskool Panorama, Newcastle. Van 2016 tot 2019 was sy assistent juffie by die grondslagfase van Laerskool Kragbron, Witbank. In 2019 het sy as juffie begin by Oak Hearts Kleuter Akademie and Preschool, Witbank, en is in 2022 ook as kleuterskoolhoof aangewys. In September 2023 neem sy hande met Maggie as direkteur en is Die Kat se Snor Pre-primêre skool tot stand gebring.

bottom of page