top of page
back button_edited.png

Lerisha Hulley

back button_edited.png
Maggie Oosthuizen
Magge kat

Prettige feite:

Prettige feite: Lerisha is ‘n trotse mamma van ‘n 1-jarige woelwater seuntjie wat ook in Die Kat se Snor Pre-primêre Skool is. Sy bak graag in haar vrye tyd, maar kook nie graag nie. Sy is ‘n diereliefhebber met twee hondjies, Hayley en Bailey. ‘n Bos sonneblomme kan haar dag opkikker.

Ervaring:

In 2017 begin Lerisha haar loopbaan as kleuterskool juffie by Babbelbekkies Kleuter Kampus in Pretoria as studente juffie by die 3- tot 4-jarige klas. Van 2018 tot 2022 is sy by die 1- tot 2-jarige klas en verhuis dan na Witbank. Februarie 2022 werk Lerisha by Apple Tree Acadamy as juffie vir die 0- tot 1-jarige klas. Oktober 2022 verskuif sy na Little Eden Academy en werk onderskeidelik as juffie by die 1- tot 2-jarige klas, 2- tot 3-jarige klas, 5- tot 6-jarige klas en by die IMPAK sentrum. In 2024 sluit Lerisha aan by Die Kat se Snor Pre-primêre Skool as juffie van ons 3- tot 4-jarige klas.

bottom of page